PATRONS
GOVERNING BOARD
NG-gemeente Groblersdal
Ds Jannie van
Eeden (NG-gemeente Groblersdal) berig dat dié gemeente met talle inisiatiewe
rondom natuurbewaring vorendag gekom het. Hy vertel:
1.
Seker so ongeveer 5 jr gelede het ons begin met
4x4 uitstappies vanuit ons gemeente sowel as die Ereveldwagters van die
destydse Nasionale Parkeraad as geldinsamelingspogings. In samewerking met
Loskopnatuurreservaat, Maleoskop Polisie opleidingsentrum se
natuurbewaringsafdeling het die plaaslike NG Gemeente ‘n skoustalletjie
behartig met die doel om natuurbewaring te bevorder en sodoende die
publiek meer bewus te maak van die omgewing. Daardeur wil ons graag mense
bewus maak dat God alles gemaak het met ‘n doel en dit onderhou. Die
interafhanklikheid van alles, ook die mens daarby betrokke en nie daar teenoor
nie. Ons uitgangspunt is Art 2 vd Ned Geloofsbelydenis. Ons leer God ook ken uit
die Skepping. Die stalletjie het in sy kategorie die eerste prys gewen. Items
wat ons uitgestal het was oa. lewendige slange, krokodille, opgestopte diere,
plakate, skedels, geraamtes, inligting oor indringerplante, boeke oor die natuur,
plakate, plante. Videos en skyfies is vertoon en die stalletjie was deurlopend
beman deur veldwagters. Dit was een van die stalletjies wat die meeste besoek
was. Ons meen dat hier alreeds ‘n redelike mate van bewustheid gekweek is.
Loskop Natuurreservaat beslaan sowat 25,000 hektaar en het ‘n goeie deel van
hoë- middel- en laeveld of dan bosveld en is geleë in die Loskopvallei sowat
40 km vanaf Middelburg.
2.
Hiervanuit het die Avontuurgroep van die NG Kerk Groblersdal toe ontstaan
op grond van 'n behoefte om die omgewing beter te leer ken. Ons het met ‘n
aandbosbraai in Loskop Natuurreservaat en ‘n nagrit begin. Verskeie
vergaderings het dit voorafgegaan. Daar is bv gedink aan uitstappies vir
gestremdes, ’n avontuurnaweek op 'n plaas met bv fietsry, stap, draf ens. op
roetes op die plaas wat grootliks nog ongerep is. Hierop het veskeie ander dinge
gevolg. Ek noem ‘n paar:
o
Staptoere
o
4x4 uitstappie vir
pa’s en seuns. (Die volgende een is vir gesinne. Dit neem die vorm aan van 'n
“rou” toer. Die groep neem toerusting saam sodat hulle op enige ongerepte
plek kan slaap sonder enige geriewe.)
o
Gereelde gesinskampe
in die Wolkberge (Baie afgesonderd. Toegeruste hutte sonder krag in ‘n
natuurreservaat waar ver gestap kan word. Die omgewing is iets besonders met
skoenlapperspesies wat nog nie opgeteken is nie.) By die meeste geleenthede maak
ek van die tema “Rus” gebruik soos in om tuis te bring die ritme wat God
ingestel het en wat ons nodig het. Dit word op informele en spontane manier
gedoen. Ek vra byvoorbeeld dat elkeen 'n artikel moet saambring uit die natuur
en vra na die doel daarvan in die skepping en lok so gesprek uit. By geleentheid
het ek die Ringsbroeders oor dieselfde saak beetgehad. Interessant dat die
opmerking gekom het dat ons die skepping moet onderwerp en “tem”. Baie dinge
in die skepping word as vyandelik beskou veral die vismotte vir predikante!!
o
Krugerwildtuinkampe
o
Kalaharitoer ('n
Routoer vir gesinne)
o
Gereelde gesamentlike
bring en braaie word in die bos hier naby gehou sowel as bekostigbare
daguitstappies in die buitelug. By van hierdie geleenthede word fotos en videos
vertoon.
o
Uitstappies vir
bejaardes vorm ook deel hiervan na bv die Laeveldse Botaniese tuin en Loskop
Natuurreservaat onder andere.
o
Die Serengeti,
Ngorongoro krater, Okavango moerasse die Richtersveld ens. is ook deel van die
beplanning.
3.
Ander projekte waarmee ons besig is:
ƒ
Skrywes oor bv
betekenis van bome, voëls, insekte ens. in die natuur. Indringervoëls soos die
Indiese spreeu ens. in die plaaslike koerantjie.
ƒ
Preke en praatjies
oor omgewingsbewaring.
ƒ
Plakate op die
kerkterrein tov omgewing.
ƒ
Ons het ook ‘n
bepaalde kode waarvolgens ons optree
ƒ
Lisensieplakker vir
bewusmaking van die omgewing
ƒ
Kampe met kinders
meestal in Natuurreservate. Neem meeste vd tyd ‘n natuurbewaarder of
veldwagter saam en gee geleentheid om met die kinders te praat.
ƒ
Uitheemse bome op
kerkterrein vervang met inheemse bome.
ƒ
Herwinning van papier,
plastiekhouers, blikkies, ou motorolie en ou batterye waarvoor ons ‘n geldjie
ontvang.
4.
Projekte in beplanning:
ƒ
Werk vir water
ƒ
Omgewingsvriendelike
en bio-afbreekbare gifstowwe
ƒ
Inligtingsbord op
kerkterrein
ƒ
In die volgende fase
wil ons meer klem lê op kennis opdoen van die omgewing soos voëls, insekte,
bodem, reptiele, die heelal, grasse, bome ens.
ƒ
Deurlopend word van
die geleentheid gebruik gemaak om die evangelie uit te dra waar ons kom. Dikwels
in afgeleë swart woongebiede. Noodverligting word ook in ‘n volgende fase
beplan.


